My Elektronika
Een van my grootste frustrasies is om 'n elektroniese rekenaargesteunde ontwerps program te vind wat op Linux loop en veral gebruik kan word vir broodbord uitleg.
EAGLE
Ek het vir lank die gratis weergawe van Eagle gebruik aangesien dit 'n baie goeie en maklike pakket is om te gebruik. Die roetevinder kan ook opgestel word om roetes te vind vir broodbord uitleg. Die groot probleem met die pakket is dat dit net 'n 80x100 mm area toelaat wat meestal genoeg was vir my doeleindes. Maar in sommige gevalle is dit net te klein. Die standaard weergawe wat ook beperk is tot 160x100 mm is net te duur teen meer as R5000 vir stokperdjie gebruik. Die nuutste 5.10 weergawe wil ook nie eens installeer op my 64-bis skootrekenaar nie.
GEDA
GEDA is 'n oopbron projek om gratis elektroniese ontwerps pakkette daar te stel. Dit is ook reeds ingesluit in die standaard Linux distribusies.