76-cm Reflektor Teleskoop Bokas ontwerp
Die boonste spieëlkas sal bestaan uit 3 ringe. Twee ringe sal die kas vorm. Die derde een sal gebruik word om die pale aan te heg en dit maklik te maak om die teleskoop aanmekaar te sit.
Ring materiaal: 18 mm hardehout laaghout
Binne deursnee van ring: 792 mm
Wydte van ring: 57 mm
Buite deursnee van ring: 906 mm
Dikte van ring: 18 mm
Ring massa: 1.76 kg
Die diagonale spiëel is 5.5 duim, 140 mm in deursnee, 18 mm dik.
Massa: 1.338 kg
Om die aanvanklike massa van die stutte te bepaal moet ons aanneem dat ons 30 mm vierkantige pyp met 2.04 mm wand gaan gebruik. Skat lengte op ongeveer 400 mm dus 6 x 400 = 2.4 m in totaal. Totale massa 2.4*0.519 = 1.25 kg
| Element | Massa (kg) |
|---|---|
| 3 ringe x 1.76 kg | 5.28 |
| Diagonale spieël | 1.338 |
| Stutte | 1.25 |
| JMI EV-1n | 1? |
| Totaal | 6.618 |