76-cm Reflektor Teleskoop CCD Kamera Ontwerp
Die beeldarea van die Cookbook CCD kamera is 6.4 x 4.8 mm en die gedeelte van die hemelruim wat dit sal afneem by die 76-cm teleskoop se fokuslengte van 3050 mm is:
θ = 2 arctan (d/2/F) waar
2 arctan (6.4/2/3050) = 0.1202° = 7.21'
2 arctan (4.8/2/3050) = 0.09017° = 5.41'
Skuinsoor is die deursnee van die kamera: 2*(3.2*3.2 + 2.4*2.4)½ = 8 mm.
Dus die beeldarea skuinsoor is: 2*arctan (8/2/3050) = 0.1503° = 9.02'
Die beeldarea van een beeldelement is 0.01975 x 0.0085 mm
2 arctan (0.01975/2/3040) = 0.0003722 = 1.34”
2 arctan (0.0085/2/3040) = 0.0001602 = 0.58”
dFWHM = 1.02*λ*F/A = 1.02*550 x 10-9**4 =
Volle beligting is nodig vir 'n deursnee van 8 mm. Die maksimum afstand wat die fokuspunt vanaf die diagonale spieël kan wees is 495 mm wat presies 'n 100% beligting deursnee van 8 mm gee. Om toe te laat vir afwykings word 490 mm gekies wat 'n 9.4 mm 100% beligtings deursnee gee.
Watter vergrotings is nodig om verskillende tipe waarnemings te maak?
Om diffraksie beperkte beelde te maak van bv. Die planete is 'n minimum brandpuntafstand van F = A*d/0.51/λ nodig waar A die deursnee van die teleskoop, d die beeldelement grootte en λ die lig golflengte is.
F = 760*0.01975/0.51/0.00055 = 53512 mm. Dus 53512/3050 = 17.5 keer die brandpuntafstand van die spieël. Dit kan net met oogstuk projeksie gedoen word.
Vir astrometriese posisiemetings word 'n brandpuntafstand van 1 tot 3 meter benodig. Dit kan dus by die primêre fokus van die teleskoop gedoen word.
Vir fotometrie word 'n beeldskaal van 2 boogsekondes per beeldelement benodig. Om dit te bereik is 'n vergroting van 2/1.34 = 1.49 benodig. Dus vir fotometrie sal 'n 2x Barlow benodig word. Dit sal beteken dat die kleinste beeldarea na 5.42/2 = 2.71' verklein.
Atik ATK-16IC-S
Daar word ook beoog om die Atik ATK-16IC-S CCD kamera aan te koop. Die kamera het 782 x 582 beeldelemente wat 8.3 x 8.3 μm groot is. Die beeldarea is dus 6.49 mm x 4.83 mm met 'n diagonale deursnee van 8.09 mm.
Die hoek van een beeldelement is dus 2 arctan (0.0083/2/3040) = 0.0001564 = 0.56”
Vir fotometrie is die vergroting benodig 2/0.56 = 3.57 wat met 2 2x Barlows verkry kan word.