Groote van die 76-cm Reflektor Teleskoop Diagonaalspieël
Die diagonaalspieël moet voldoen aan die volgende vereistes:
- 100% beligting van Cookbook CCD kamera se 6.42 x 4.78 mm beeld area. Dit beteken 'n beeld radius van 4 mm. Die minimum afstand tussen die diagonale spieël en CCD beeld area is 482 mm.
Berekeninge toon dat 'n die minimum grootte wat benodig word vir die minimum afstand van 482 mm is 'n grootte van 134 mm. Die standaard diagonaalspieël groottes wat Newportglass Works voorsien is 5.2-duim/132 mm wat te klein is. Die volgende grootte is 5.5-duim/139.7 mm wat groot genoeg is en ook beweeg ruimte laat tot 'n afstand van 505 mm.
Dus die diagonaalspieël wat vanaf Newportglass Works verkry moet word: 5.5-duim, 1/10 golflengte, produk nommer PTDX550.
Dikte 1.3 inch/33 mm, Massa 2.51 lb/1.14 kg