70-cm Reflektor Teleskoop

Die geskiedenis van die 70-cm Reflektor Teleskoop

Datum Beskrywing
21 Feb 2008 Begin met slyp van 76-cm hoofspieël.
1 Mei 2008 Besluit om hoofsaaklik die ontwerp van Robert Houdart se 110-cm Cruxis teleskoop te volg. Spieël kurwe omtrent 44% van benodigde diepte ingeslyp.
7 Mei 2008 Na omtrent 58 ure is die kurwe nou 50% ingeslyp. Nog net nog soveel ure om te gaan ... Dan kan die eintlike werk begin!
10 Mei 2008 Na 'n herdink van die teleskoop se ontwerp is besluit om die spieëlkas, vakwerk en boonste deel van die Cruxis teleskoop ontwerp te gebruik. Vir onderste gedeelte sal die ontwerp van Howard Banich se 28-duim gebruik word.
20 Mei 2008 Die 5.5-duim diagonale spieël is bestel by Newport Glassworks. Verskeping behoort 20 tot 25 dae van nouaf te wees.
22 Mei 2008 Staal en plaat vir die stoordeure en staal vir die spore word aangekoop.
29 Mei 2008 Materiaal vir stoor plafon word aangekoop.
2 Jun 2008 Slypwerk kom tydelik tot stilstand aangesien die glas werktuig te dun geraak het. Daar word begin om 'n sement teëlwerktuig te maak om die laaste slypwerk mee te doen.
3 Jun 2008 Die slypmasjien word aangepas om te verhoed dat die slyparm vorentoe val en die spieël beskadig.
4 Jun 2008 Daar word begin om die hangmat vir die slypmasjien te maak waarin die spieël tydens toetsing sal hang.
9 Jun 2008 Die teëltjies word op die sement werktuig aangebring.
10 Jun 2008 Agterkant en kante van sement werktuig word met glasvesel hars geverf.
12 Jun 2008 Pleisterwerk aan die teleskoopstoor word gedoen.
14 Jun 2008 Raam vir plafon word in teleskoopstoor aangebring.
16 Jun 2008 Sny Rhinoboard vir teleskoopstoor plafon. Sny en masjieneer staal vir teleskoopstoor deure.
17 Jun 2008 Slyp oorblywende keramiekteëltjies weg tot op sement. Laat werktuig om droog te word. Sny keramiekteëltjies vir nuwe werktuig.
18 Jun 2008 Maak nuwe te&eum;llwerktuig met porseleinteëltjies.
19 Jun 2008 Maak teleskoopdeur staal skoon met draadborsel.
20 Jun 2008 Begin om teleskoopdeure aanmekaar te sweis
21 Jun 2008 Sit sweis van teleskoopdeure voort.
23 Jun 2008 Voltooi sweis van teleskoopdeure en skuur sweisplekke gelyk met hoekslyper. Begin parte vir skarniere sny.
24 Jun 2008 Sit sny van skarnier parte voort.
25 Jun 2008 Installeer helfte van isolasie en plafon van teleskoopstoor.
26 Jun 2008 Installeer 2de helfte van isolasie en plafon van teleskoopstoor.
28 Jun 2008 Voltooi installasie van teleskoopstoor plafon. Pleister spasie tussen mure en dakplate van beide teleskoopstore.
30 Jun 2008 Sit sny van skarnier parte voort.
1 Jul 2008 Voltooi sny van skarnier parte en begin gate boor.
2 Jul 2008 Voltooi boor van skarnier gate en begin skarniere aanmekaar sweis.
3 Jul 2008 Sweis skarniere vas aan deurrame.
7 Jul 2008 Maak skarniere skoon. Deurrame reg vir skoonmaak en verf.
12 Jul 2008 Na dae van koue darem weer warm genoeg om te werk! Deurrame skoongemaak en geverf.
13 Jul 2008 Verf 2de laag op deurrame.
14 Jul 2008 Sny plate vir bedekking van deurrame.
18 Jul 2008 Maak plate skoon. Voltooi vassit van plate van een deur.
19 Jul 2008 Sit plate op ander deur vas.
26 Jul 2008 Verf plate van deure. Sit een deur vas op stoor.
28 Jul 2008 Sit 2de deur vas op stoor.
1 Aug 2008 Sit 'n aluminiumstrook vas op dakplaat rante om te verhoed dat mense hulle daarop sny.
5 Aug 2008 Begin platvorm maak vir slypmasjien waarop werktuig geplaas kan word.
6 Aug 2008 Voltooi platvorm vir slypmasjien.
7 Aug 2008 Maak hangmat plaat waarin spieël hang vir toetsing.
11 Aug 2008 Maak spasieer plate vir deure.
14 Aug 2008 Maak nog 'n spasieer plaat vir deure.
6 Sep 2008 Diagonale spieël vanaf Newport Glass het uiteindelik opgedaag.
27 Okt 2008 Tans kan daar nie veel gedoen word aan die bou van die teleskoop nie aangesien dit nog in die ontwerp fase is. Die afgelope tyd is gespandeer om vertroud te raak met die z88 eindige element analise program te einde eindige element analises op die teleskoop ontwerp te doen. Maar 'n steil leerkurwe. Vandag is 'n stukkie van die teleskoopstoor verwyder wat 'n ekstra 100 mm in beskikbare lengte aan die teleskoop gee. In plaas van 'n maksimum lengte van 2980 mm kan die teleskoop nou tot 3080 mm in lengte wees.
30 Okt 2008 Pleister die deel van die teleskoopstoor wat verwyder is.
12 Des 2008 Voltooi die bou van die piktoetser.
13 Des 2008 Smelt pik en filtreer deur kaasdoek. Piktoetser wys pikhardheid van 2.78 mm per 5 minute.
16 Des 2008 Giet sementbasis vir 50-cm poleerlap.
23 Jan 2011 Dieselfde poleer probleme as met die slypwerk word ondervind. Draaiing nie egalig nie en geneig om vas te steek. Dit dui daarop dat die spieël nie konsentries slyp nie. Die rede kan moontlik spanning in die glas wees. 'n Area van omtrent 10 cm lank en 4 cm breed by die rand van die spieël bly agter met polering wat ook daarop dui dat die spieël nie heeltemal reg geslyp het nie. Daar is besluit om eerder die spieël na 70 cm te verklein en te herslyp. Indien nog probleme met die slypwerk ondervind word sal die spieël verder verklein word.