76-cm Reflektor Teleskoop Handkontrole ontwerp
Die handstuk waarmee die teleskoop beheer kan word moet aan die volgende vereistes voldoen:
- Karakter vertoon hê. Vertoon moet agterbeligting hê.
- Koördinate moet ingevoer kan word sodat teleskoop soontoe kan beweeg.
- Stadige beweging in 4 rigtings
- Kies vanaf 'n lys van voorwerpe en beweeg daarna
- Fokuser beheer
Hoeveel karakters is nodig vir die vertoon?
Ontwerp
Sleutelbord
Om koördinate te kan invoer is 'n sleutelbord met ten minste die 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 0 sleutels daarop nodig. Dan is ook 'n keuse sleutel nodig.
RS-Components het 'n klein telefoon sleutelbord, 333-697 met die volgende sleutels daarop: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, *, 0, #. Deur die * sleutel as 'n modus sleutel te gebruik kan 'n mens die meeste van die funksies implementeer.
| Modus | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 0 | * | # |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Invoer van koördinate | Korreksie | |||||||||||
| Stadige beweeg | X | Opwaarts in vertikale as | X | Kloksgewys in asimut | X | Antikloksgewys in asimut | X | Afwaarts in vertikale as | X | X | X | |
| Fokuser beheer | Fokuser beweeg uitwaarts | Fokuser beweeg inwaarts | ||||||||||
| Kies voorwerp | Op pyltjie | Kies opsie | Af pyltjie |
Keuse van Vertoon

RS-Components 2x20 karakter LCD, kode 214-3496.
Keuse van Sleutelbord
RS-Components het 'n klein telefoon sleutelbord, 333-697 met die volgende sleutels daarop: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, *, 0, #. Deur die * sleutel as 'n modus sleutel te gebruik kan 'n mens die meeste van die funksies implementeer. Die sleutelbord is nie waterdig nie maar aangesien dit nie in nat omstandighede gebruik gaan word nie is dit nie 'n probleem nie. Wanneer die handbeheer nie in gebruik is nie kan dit in 'n plastiekhouer gestoor word om te verhoed dat dou dit beskadig.
![]() |
![]() |
![]() |


