76-cm Teleskoop

76-cm Reflektor Teleskoop Hoofspieëlkas ontwerp

Die hoofspieëlkas sal bestaan uit twee 36 mm laaghout kante wat terselfdertyd die vertikale as se laers vorm. Die twee kante word vasgehou deur 5 vierkantige pyp stukke wat daaraan vasgebout is. 'n Klompie jaar gelede is 38 mm vierkantige pyp met 1.8 mm wand aangekoop vir die bou van die teleskoop. Alhoewel die ontwerp intussen drasties verander het sal gepoog word om die staal in die teleskoop te gebruik.

Binnemate van die hoofspieëlkas

Die hoofspieël is 762 mm in deursnee en ons verlang 20 mm spasie weerskante tussen die spieël en kas se kante. Afgerond gee dit 'n binnemaat van 802 mm.

Die 38 mm vierkantige pyp het 'n moment area van 57066 mm4.

Elke punt dra 32.312/3 = 10.8 kg.

Deformasie van die boonste ingeklemde balk met een kollimasie bout: D = F*L3*/192/E/I = 0.025 mm

Die onderste balk dra 2 punte wat 376 mm uitmekaar is. Dus A = (810 – 376) /2 = 217 mm

Deformasie van die onderste balk met 2 kollimasie boute: D = F*A3/3/E/I*(1 – 3A/2L) = 0.0184 mm

“Baffling” kan moontlik aangebring word op die boonste twee pype wat die spieëlkas aanmekaar hou. 4 mm laaghout kan gebruik word. Sal moontlik eksperimenteel bepaal word.

Item Massa per eenheid Massa (kg)
2 x 36 mm laaghout kante    
5 x 798 x 38 mm vierkantige pyp met 1.8 mm wand 1.782 kg/m 7.11
10 x 72 x 40 x 6 mm eindstukke 0.136 kg 1.36

 

Afkoeling van die spieël

Afkoeling van die spieël om dit so gou moontlik bruikbaar te maak is belangrik. Hitte in die spieël veroorsaak 'n onstabiele lagie lug aan die voorkant van die spieël wat soos 'n lens optree en die beeld negatief beïnvloed.

Mauro Da Lio se metode is om die lagie te beheer in plaas daarvan om die spieël as sulks af te koel. Sien Yet another method for "cooling" mirrors. Sy metode sou kon gebruik word deur 4 mm laaghout te gebruik om 'n kas te vorm.