Slypjoernaal

76-cm Spieëlteleskoop Poleerjoernaal

Datum Tydsduur/
Totaal (minute)/
Totaal (ure)
Temperatuur
(°C)
Notas
24-05-2010 20/20/0.3   Maak skoon om met polering te begin. Poleer vir 20 minute tot van die spasieerders wat die spieël vashou uitspring. Hulle sal nader aan die spieël gestel moet word om dit te verhoed. Polering lyk redelik egalig.
25-05-2010 100/120/2    
26-05-2010 120/240/4   Na 4 ure se polering wys die spieël 'n mooi egalige polering vanaf die middel tot op die rant en dus was die slypwerk die keer suksesvol. 'n Goeie beeld van die neonligte teen die dak word al gesien.
27-05-2010 60/300/5   Daar is 'n area op die rant van die spieël wat swakker gepoleer is as die res. Kan dalk dui op 'n probleem. Sal maar moet sien as 'n Foucalt toets uitgevoer word.
28-05-2010 60/360/6   Foucalt toets wys dat brandpuntafstand ongeveer 3033 mm is. Die spieël wys sone ringe met die wydte van die poleerlap blokkies. 'n Bietjie syswaai sal tydens polering gebruik word om dit teen te werk. Die lap pas ook tans nie goed nie, het heelwat hoë plekke wat afgewerk sal moet word.
01-11-2010     Poleerwerk hervat nadat dit tydens die koue maande gestaak is weens die koue maar ook omrede dit die pik baie hard gemaak het. Die lap is op die spieël gelos met 'n gewig daarop sedert Mei en die kontak het weinig verbeter. Die lap is dus hopeloos te hard en daar is besluit om 'n sagter lap bo-op die oue te bou. Daar is 'n uur gepoleer met sy swaai. Daar is 'n duidelike area van omtrent 30 mm waar die polering agterbly.
02-11-2010     Skrop die ou lap skoon sodat die nuwe lap goed daarop sal vat. Toets die sagste pik beskikbaar en bevind dit as 7 mm/5 min wat 'n bietjie harder is as wat f/4 teoreties benodig.
03-11-2010     Smelt en filter 'n genoegsame hoeveelheid bitumen vir die lap. Giet die nuwe lap en gooi 'n kroon. Laat lap op spieël met 'n gewig daarop sodat dit kan pers.
04-11-2010     Verwyder lap vir inspeksie. Die kroon is te ongelyk. Smelt bitumen vir 'n nuwe laag en gooi nuwe laag. Geen kroon is gegooi nie. Die nadeel is dat die middel nou 5 mm te laai is.
06-11-2010     Sny kanale in lap en laat weer op spieël met 'n gewig daarop om verder te pers. Die buitekant sal gepers moet word totdat die senter van die lap met die spieël kontak maak.