76-cm Teleskoop

76-cm Spieëlteleskoop Slypjoernaal

Hierdie joernaal beskryf die slyp van die 76-cm spieël.

Plat slyp van agterkant

Die eerste stap is om die agterkant van die spieël plat te slyp aangesien enige ongelykheid in die spieël se figuur ingeslyp sal word.

Datum Werk gedoen
21-02-2008 Begin om agterkant van spieël plat te slyp met 120 graad karborundum poeier. Gebruik 50 cm, 30 mm dik glas werktuig. Agterkant duidelik nie plat aangesien 'n redelike wye strook dwarsdeur slyp met die 2 dele aan die kant ongeslyp.
22-02-2008 Slyp verder met 120 om spieel agterkant plat te maak. Die 2 ongeslypte dele omtrent die helfte kleiner.
08-03-2008 Die afgelope 2 of wat weke is gewy aan die bou van 'n 3-poot sferometer en die aanbring van plate om die spieël op plek te hou. Verskille in sferometer metings van tot 0.007 mm oor die spieël oppervlak word opgemerk. Aangesien gemeen word dat die ongeslypte voorkant van die spieël dit dalk veroorsaak word die spieël omgedraai en die voorkant eers ook plat geslyp.
20-03-2008 Die rede hoekom die sferometer metings vroëer verskil het is dat die 120 graad slyppoeier taamlik grof is, omtrent 0.2 mm in diameter, en is daarom geneig om nie plat te slyp nie. Dieselfde probleme is gesien nadat die agterkant verder met 120 graad geslyp is. Nadat die agterkant met 220 graad geslyp is het die verskil verdwyn.
21-03-2008 Voltooi die slyp van die spiëel se agterkant met 220 graad. Sferometer metings tussen die spiëel en werktuig toon dat die agterkant effe konkaaf is met 'n radius van ongeveer 4260 km wat beteken dat dit ongeveer 0.02 mm dieper in die middel is as op die kante.

 

Inslyp van die kurwe

Die volgende stap is om die kurwe in te slyp tot op die benodigde diepte. Sien die Inslyp Joernaal vir detail.

Fynslyp van die spieël

Die volgende stap is die fynslyp van die spieël om dit binne 'n golflengte van lig sferies te slyp sodat dit gereed is vir polering. Aangesien die projek oor meer as 'n jaar strek is die joernaal opgebreek per jaar.

2008 2009 2010

 

Polering

Die volgende stap is polering van die spieël om die merkies van die fynslyp te verwyder en dit dan na 'n sferoïed te omvorm.

Eerste poging

Die eerste poging tot polering was nie geslaag nie daar dit gewys het dat die fynslyp nie sferies genoeg geslyp het nie. Die spieël het slegs in die middel en op die rant gepoleer, sien foto regs. Kliek op die duimnael.


Poleerjoernaal

Vorming

Die laaste te stap in die maak van die spieël is om dit na 'n paraboloiëd te omvorm.