Slypjoernaal

76-cm Reflektor Teleskoop Slypjoernaal 2010

Na maande van rus in 2009 is die slypwerk weer in Januarie 2010 hervat met P220 maar daar is ook met die dikker teëlwerktuig bevind dat dit dieselfde streke uithaal as die ou een. Na maande se lê het die dikker werktuig ten minste nie getrek soos die dunner een nie maar dit het ook 'n neiging om oneweredig te draai. Ongeveer 5 ure se slyp is aan P220 spandeer en daarna 'n uur op P400. Die gevolg is maar weer dat dit nie sferies slyp nie. Die slyp metode sal nou aangepas word om 'n effense sy gooi by te sit om die nie-sferiese slyp teë te werk.

Datum Tydsduur/
Totaal (minute)/
Totaal (ure)
Diepte
(mm)
Temperatuur
(°C)
Notas
13-03 60 3.553   Die slypwerk is hetvat met P400 maar die werktuig wou weer nie egalig draai nie en het bly vassteek wat daarop dui dat die splypwerk nie sferies en egalig is nie. Die vasstekery het weer 'n skraap veroorsaak. Aangesien ek skepties is of die sy gooi rerig gaan help het ek besluit om maar weet die draai metode te probeer en het die werktuig teruggeplaas op naastenby sy ou plek en met P220 begin slyp. Toe het ek die idee gekry om die draai van die werktuig te help met die hand. Die probleem met die draai metode is dat dit geneig om 'n sone te slyp as dit nie egalig draai nie of te stadig draai. Dus teoreties behoort 'n mens die probleem te kan oplos deur die werktuig egalig met die hand te draai. Dis gedurende die uur van slyp toegepas en die resultate lyk belowend. Los 'n mens die werktuig om op sy eie te draai dan draai dit mooi egalig. Dis veral wanneer 'n mens slyppoeier byvoeg wat die werktuig neig om onegalig te begin draai. Help 'n mens dit met die hand dan skakel dit die probleem uit. Dus die metode sal voortaan toegepas word.
18-03       Aangesien die radius nie juis verander het nie kan oorgeskakel word na P400. Maak skoon om met P400 te begin.
19-03 60     Die nuwe metode lyk beslis of dit die probleem opgelos het. Aan die einde van die slypsessie was daar geen teken van die swart ring wat al by vorige kere tussen die oorskakeling van P220 na P400 gesien is nie.
22-03 60     Aan die einde van die sessie het die werktuig 'n deel van 'n omwenteling getol toe die masjien gestop het wat dit nooit vantevore gedoen het nie.
23-03 60   26.3 Aan die begin van die sessie het die spieël en werktuig weer met mekaar gestoei wat beteken dat iets intussen verander het. Mike Lockwood het voorgestel dat ek toets vir spanning van die spieël. Ek het skielik tydens die sessie besef dat die spieël waarskynlik tussen die vier systutte vasgeknyp is. Die spieël het juis omtrent 'n duim gedraai van sy oorspronklike plek en vasgeknyp geraak. Dit sal voor die volgende sessie reggestel word. Temperatuur metings word voortaan gemaak om te sien watter effek dit het.
24-03 60   25.0 Die systutte is verstel sodat daar 'n effense speling tussen hulle en die spieël is. Die spieël was beslis redelik geknyp en dis waarskynlik hoekom die werktuig so onegalig draai. Aan die begin van die sessie het die spieël en werktuig nie met mekaar baklei nie maar die werktuig het nog onegalig gedraai. Aan die einde van die sessie het dit mooi egalig gedraai. Vanaf die middel van die sessie is opgehou om die draaiing met die hand te help.
25-03 60   24.2 Die werktuig het vanaf die begin egalig gedraai en so aangehou tot die einde. Dus die groot probleem blyk te wees dat die spieël geknyp was.
27-03 60   22.0 Daar was weer 'n effense gestoei tussen die spieël en die werktuig aan die begin wat gou verdwyn het.
28-03 60   20.6 Nog paar klein gaatjies oor van P220. Oorgeskakel na P600. Geen gestoei tussen spieël en werktuig waargeneem nie. Daar is nog steeds 'n waarneembare onreëlmatigheid in die draaiing van die werktuig. Vinniger en stadiger draaiing word gesien. Draaiing by tye weer met hand gehelp. Maak als skoon om voort te gaan met P600.
30-03 60   22.6 Weereens 'n taamlike gestoei tussen die spieël en werktuig. Dis 2 grade warmer dus wil dit voorkom of een van die twee se vorm met temperatuur verander. Indien dit die spieël is wat dit weens interne spanning doen het ons 'n groot probleem en gaan die spieël nie 'n sukses wees nie. Sal maar moet sien as ons by polering kom. Na 'n paar minute se geslyp het die gestoei verdwyn.
31-03 60   23.9 Geen gestoei tussen spieël en werktuig nie. Werktuig nie skoongespuit na vorige sessie nie. Temperatuur verskil 1.3 grade.
01-04 120   24.7 Geen gestoei tussen spieël en werktuig nie. Werktuig nie skoongespuit na vorige sessie nie. Temperatuur verskil 0.8 grade.
02-04 60   22.1 Geen gestoei tussen spieël en werktuig nie. Werktuig nie skoongespuit na vorige sessie nie. Temperatuur verskil 2.6 grade. Nog P220 gaatjie oor.
05-04 120   22.2 Weer effense gestoei tussen spieël en werktuig. Dit wil voorkom of die werktuig effens vorm verander indien dit 'n paar dae lê. Die P220 gaatjie het heelwat verklein maar nog nie heeltemal uitgeslyp nie.
06-04 60   21.8 Gaatjie nog nie uitgeslyp nie.
07-04 60   21.7 Gaatjie nog nie uitgeslyp nie.
10-04 120   20.8 Gaatjie uitgeslyp.
11-04       Maak skoon vir 12 mikron.
12-04 60     Weer probleme met draaiery. Dit lyk of die werktuig vorm verander as dit skoongespuit word.
13-04 60      
15-04 60      
17-04 60      
19-04 60      
22-04 60     Weer 'n gestoei tussen die spieël en werktuig wat 'n redelike skraap en 'n paar fyner skrape veroorsaak het. Dit wil voorkom of die werktuig vorm verander met tyd. Om dit te minimeer moet maar elke dag gesplyp word.
23-04 60     Daar is besluit om eerder die skrape uit te slyp as om dit te laat. Aangesien die groot skraap nie te diep is nie is weer begin slyp met P400.
24-04 60     Aan die einde van die sessie is waargeneem dat die werktuig vinniger en gladder begin draai het toe die spieël baie nat gespuit is om te verhoed dat die werktuig gaan vassit as die masjien gestop word. Alhoewel ek heelwat water gebruik is dit selfs nie genoeg nie. Te min water lei dus ook tot onegalige draaiery. Dus 'n BAIE belangrike punt!
25-04 60     Die groot skraap is bykans uitgeslyp.
26-04 60     Skraap uitgeslyp
28-04 60     Maak skoon en begin 12 mikron slyp. Weer lelike gestoei tussen spieël en werktuig.
02-05 30      
03-05 30      
05-05 60      
08-05 60      
15-05 60     Maak skoon en begin met 9 mikron slyp.
18-05 30      
19-05 60      
20-05 60      
21-05 60     Spieël lyk reg om met polering te begin.
22-05 60     Maak skoon om met polering te begin. Kom toe egter agter dat daar op 'n paar plekke slyppoeier versamel het tussen die draaitafel en pennetjiesmat waarop die spieël lê wat moontlik die slypery kon affekteer het. Daar is toe 'n ekstra uur geslyp maar geen verbetering is in die draaiing van die werktuig waargeneem nie. Maar net so sleg gedraai soos voorheen. Om te verhoed dat dit 'n sloot slyp is die werktuig teen 'n konstante spoed met die hand help draai. Daarna is begin skoonmaak om met polering te begin.