Slypjoernaal

76-cm Reflektor Teleskoop Slypjoernaal 2008

Datum Tydsduur/
Totaal (minute)/
Totaal (ure)
Diepte
(mm)
Verskil
(mm)
Tempo
(mm/uur)
Notas
19-09-2008 60//165.83/1 3.57     Begin slyp met P220. Posisie verander na 90 mm oorhang.
20-09-2008 60//166.83/2 3.56     Posisie verander na 85 mm oorhang.
22-09-2008 60//167.83/3 3.56      
24-09-2008 60//168.83/4 3.56      
27-09-2008 60//169.83/5 3.56      
29-09-2008 60//170.83/6 3.56      
30-09-2008 60//171.83/7 3.55     Maak 'n toets slyp met P400 om te sien of dit die skrape sal uithaal. Een skraap verdwyn.
01-10-2008 60//172.83/8 3.55     Slyp verder met P400.
03-10-2008 60//172.83/9 3.55      
04-10-2008 120//174.83/11 3.55     Ander diep skraap bykans uit. Nog gaatjies (pits).
06-10-2008 60//175.83/12 3.55     Werktuig gaan sit vas na 20 minute toe spieel te droog word. Ek was tussendeur besig met ander dinge en het te lank gewag. Werk maar nie om aandag op 2 plekke te gee nie! Moes uiteindelik die spieelholte vol water tap en laat staan vir meer as 2 ure voor die werktuig los gekom het. Geduld is al manier om die 2 veilig geskei te kry.
18-10-2008 120//177.83/14 3.55     Na 'n paar dae van slegte maaggriep en hersteltyd kon werk weer voortgaan. Radius van kurwe bepaal as 6100 ± 20 mm dus brandpuntafstand van 3050 ± 10 mm. Dis gedoen deur die spieël nat te spuit en dan die Foucalttoetser se refleksie te fokus op 'n stuk karton.
20-10-2008 60//178.83/15 3.55      
21-10-2008 60//179.83/16 3.55      
22-10-2008 20//180.16/16.3 3.55     Moenie ander dinge parallel met die slypwerk doen nie! Tydens die slypwerk het ek begin om slyp instruksies te skryf en binne 2-3 minute het die spieël te droog geraak en die werktuig het gaan vassit op die spieël. Die spieëlholte is vol water getap en vir 'n paar uur laat staan. Uiteindelik het dit losgekom met handdruk. Daarna was daar egter 2 lelike skrape op die spieël.
23-10-2008 60//181.16/17.3 3.55      
24-10-2008 160//183.83/20 3.55     Na 100 minute het een van die rubbers wat die werktuig op plek hou uitgespring en moes die masjien gestop. Alhoewel ek 'n bietjie water op die spieël gespuit het om vassit te voorkom was dit te min en het die werktuig weer gaan vassit! Die les hier is dat indien die masjien gestop moet word, maak die spieël baie nat voor die masjien gestop word. Na 'n paar ure se staan in die water het dit losgekom. Gelukkig die keer sonder skrape. Na 'n verdere uur se slyp het die kleiner van die 2 skrape uitgekom en van die ander een is net 'n klein gaatjie oor.
27-10-2008 60//184.83/21 3.55      
28-10-2008 60//185.83/22 3.55      
29-10-2008 120//187.83/24 3.55      
30-10-2008 120//189.83/26 3.55     Die oorblywend gaatjie van die skraap is hardnekkig!
31-10-2008 120//191.83/28 3.55     Die gaatjie het nog steeds nie verdwyn nie. Na nadere ondersoek lyk dit of die gaatjie te diep is en te veel van die spieël weggeslyp sal moet word om dit uit te haal. Besluit om dit daar te laat.
1-11-2008         Maak alles skoon om met 12 mikron slypwerk te begin. Tydens skoonmaak is 'n klein splinter in die spieël se rant veroorsaak toe gesukkel is om die verharde slyppoeier te verwyder. Om dit te verhoed maak rant skoon na elke slypsessie om opbou van poeier te voorkom. Indien dit wel opgebou het skraap dit parallel aan die rant af en nie na die rant nie.
3-11-2008 60//192.83/1 3.55     Die rant van die spieël slyp meer (weerkaats meer), dus slyp spieël nie uniform nie. Arm sal inbeweeg word voor volgende slyp sessie. Sferometer metings wys ook 'n langer kurwe na die rant. Werktuig het 'n ligter strook op die rant terwyl die deel daarbinne donkerder is wat ook daarop dui dat dit nie sferies slyp nie.
4-11-2008 60//193.83/2 3.55     Verklein oorhang na 81 mm. Die donkerder deel op die werktuig verklein.
6-11-2008 60//194.83/3 3.55     Die binneste donkerder deel op die werktuig verklein verder.
8-11-2008 60//195.83/4 3.55     Verklein oorhang verder na 79 mm.
10-11-2008 60//196.83/5 3.55      
11-11-2008 60//197.83/6 3.55     Binneste donker deel verklein heelwat. Sferometer metings wys spieël slyp nie sferies soos die donker deel op werktuig wys. Dis waarskynlik die oorblyfsel van die P400 slyp en daar is 'n groot sprong is korrel grootte tussen P400 en 12 mikron.
13-11-2008 60//198.83/7 3.55     Binneste donker deel op werktuig amper helfte kleiner.
14-11-2008 60//199.83/8 3.55     Donker deel weggeslyp.
15-11-2008 60//200.83/9 3.55      
17-11-2008 60//201.83/10 3.55      
19-11-2008 60//202.83/11 3.55      
21-11-2008 60//203.83/12 3.55     Einde van 12 mikron slyp. Sferometer metings wys spieel is sferies.
22-11-2008 60//204.83/1 3.55     Maak skoon om met 5 mikron slyp te begin. Begin met 5 mikron slyp. Na die 1ste uur se slyp is daar 'n ligte kort skrapie op die kant van die spieël. Indien die 5 mikron dit nie uitslyp nie sal dit gelaat word. Dis nie die moeite werd om weer terug te gaan na growwer poeier om dit uit te haal nie en om dan maar net weer 'n skraap of nog meer skrape te kry nie.