Vorige | Volgende

387. SKYNBARE BEWEGING VAN DIE STERRE

net soos daar in hierdie sogenaamde verligte eeu geslepe kwaksalwers is wat, in die naam van die skynwetenskap astrologie, teer op die liggelowigheid van onkundiges en bygelowiges.

Die waarnemings wat hulle opgeteken het, is egter van groot waarde gewees vir astronome in later eeue.

Voordat ons by 'n verslag kom van wat die moderne sterrekunde, met behulp van matesis, fisika, en chemie gepresteer het, wil ons eers die aandag bepaal by 'n paar verskynsels wat elkeen self kan waarneem.

DIE HEMELBOL EN DIE STERREBEELDE (KONSTELLASIES).

Soek 'n helder donker nag uit en kyk in die lug op. Die sterre lyk soos klein lampies teen 'n groot omgekeerde bak, of koepel, wat aan alle kante neerbuig tot aan die horison. Daar 'n mens dieselfde indruk kry by enige plek op die aarde, so stel ons die aarde vir ons voor as in die middel van 'n ontsaglike groot sfeer. Hierdie sfeer of hemelbol bestaan natuurlik nie in werklikheid nie, maar by ons waarnemings is dit 'n nuttige voorstelling.

Kies 'n paar van die helderste sterre uit en vind van die kaarte op bls. 467-740 wat hulle name is. Let op hoe die sterre saam gegroepeer word. Die volke van die Oudheid het aan die groepe name gegee ooreenkomstig een of ander vermeende gelykenis op 'n dier of op iets anders (Job 38:31). Die name is behou geword omdat hulle dien om die verskillende streke in die hemelruim aan te dui, en die arbitrêre groepe staan bekend as sterrebeelde of konstellasies. In die reël word die sterre van elke konstellasie aangedui deur die letters van die Griekse alfabet ; die helderste is α (alpha), die tweede helderste β (beta), dan γ (gamma), δ (delta), ens. Daarby het byna al die helderste sterre ook nog spesiale name.

Soek die Suiderkruis en die twee Wysters na die Kruis, α en β Centauri. Bepaal van die kaarte op watter plek in die lug die Kruis sal wees op dieselfde uur, oor drie, ses, en nege maande.

DIE SKYNBARE DAAGLIKSE BEWEGING VAN DIE STERRE.

Stel 'n kamera in op oneindig gedurende 'n helder donker nag. Monteer dit op 'n stewige voetstuk waar geen toevallige lig die lens sal bereik nie, en stel dit skuins op na die suidelike lugruim sodat dit mik op 'n punt in die verlengde van die langste as van die Kruis, en omtrent vier en 'n half maal die lengte van hierdie as van die helder ster aan die voet van die Kruis. Maak die sluiter van die kamera oop vir 'n tydopname en laat dit so staan vir vier uur of langer. Op die ontwikkelde film verskyn die bane van die sterre as boë van konsentriese sirkels (Fig. 280). Die gemeenskaplike middelpunt van hierdie sirkels dui die Suid-Hemelpool aan.

Vorige | Volgende