Begin | Vorige | Volgende

388. SKYNBARE BEWEGING VAN DIE STERRE

'n Waarnemer in die noordelike halfrond kan 'n soortgelyke opname kry van die beweging van die sterre in die omtrek van die Poolster, 'n helder ster wat baie na aan die Noord-Hemelpool is.

Gaan weer te werk net soos tevore, maar stel die kamera na die noorde teen 'n hoek van 56° met die horisontale. By ondersoek blyk dat die bane na aan die middel van die film reguitlyne is, terwyl die ander effens na buite wegbuig.

 

Die sterre skyn almal in sirkels te beweeg om 'n gemeenskaplike as ; hoe nader hulle aan die Sterrepole is, des te kleiner die sirkels.

'n Mens kan ook die skynbare beweging van die sterre met die oog waarneem. Sterre wat ver na die suide is, kom op en beweeg skynbaar in 'n oostelike rigting aan die begin van hul opwaartse pad in die lug. 'n Mens kan sien hoe die Suiderkruis op sy kant opkom, stadig omswaai totdat dit regop is wanneer dit op sy hoogste bo die horison is, en dan op die ander sy draai wanneer dit na die suidweste afsak. Sterre wat in die ooste opkom, maak groot boë deur die lugruim om in die weste onder te gaan, net soos die son en die maan.

Begin | Vorige | Volgende