392. DIE DIERERIEM

DIE DIERERIEM (SODIAK)
Die konstellasies in die nabyheid van die ekliptika is bekend as sterrebeelde van die diereriem of die sodiakale konstellasies. Hulle word almal aangetref binne 'n betreklike nou baan in die lugruim, die diereriem, langs die middel waarvan die son gedurende die loop van die jaar beweeg. Die diereriem is opverdeel in twaalf gelyk dele, die sogenaamde Tekens van die Diereriem, met elk waarvan 'n naby geleë sodiakale konstellasie geassosieer word. Elke maand gaan die son oor van die gebied van een konstellasie na die volgende. Dit word beskou dat die sodiakale tekens met dié van Aries begin.