Begin | Vorige | Volgende

397. DIE PLEK VAN DIE AARDE IN DIE SONSTELSEL

Die betreklike groottes van die son en die planete blyk uit Fig. 288. Jupiter, die middelste planeet, is die grootste. Dit staan in verhouding tot die aarde soos 'n voetbal tot 'n groot albaster. Die son op dieselfde skaal sou 'n bol wees groot genoeg om aan die mure en plafon van 'n middelmatige vertrek te raak, en ons satelliet die maan, sou so groot wees as 'n ertjie. Mercurius, die planeet naaste aan die son, is maar omtrent anderhalf maal so groot soos die maan, terwyl Pluto nog kleiner is as Mercurius. Geen wonder dus dat hierdie afgeleë planeet so lank onontdek gebly het nie. Die asteroïede, wat 'n plek inneem tussen die bane van Mars en Jupiter, sou op dieselfde skaal deur stofdeeltjies voorgestel word. Uit Fig. 288 sal blyk dat die aarde, hoewel die vyfde grootste, baie kleiner as Uranus en Neptunus is. Die middelposisies word deur die grootste planete ingeneem. (Vraag: Noem die liggame in die figuur voorgestel.)

Die maan, voorgestel in grootte deur 'n ertjie, sou op dieselfde skaal minder as drie voet van die aarde af wees. Die son, op dié skaal, sou meer as 300 tree verwyder wees. Pluto sou meer as sewe myl ver wees, omtrent veertig maal sover as die son, 'n voorwerp so groot as 'n ertjiepit. Hieruit blyk dat die sonstelsel hoofsaaklik 'n leë ruimte is, hoewel, in vergelyking met die verspreiding van die sterre, die planete nogal dis saamgepak is, soos huise in 'n stad in vergelyking met plaaswonings in die Karoo.

OMLOOP VAN DIE PLANETE IN HUL BANE.

Omdat die middelpunt-vlietende krag wat deur die beweging van 'n planeet ontstaan, in ewewig is met die aantekkingskrag

Begin | Vorige | Volgende