Begin | Vorige | Volgende

398. DIE PLEK VAN DIE AARDE IN DIE SONSTELSEL

van die son daarop, en laasgenoemde omgekeerde eweredig is met die kwadraat van die afstand, volg dit dat, hoe nader'n planeet aan die son is, hoe vinniger dit in sy baan moet beweeg.

Die binneplanete, wat met spoed in hulle betreklike nou bane beweeg, voltooi hul baanlope om die son in die kortste tye. Die buiteplanete, inteendeel, beweeg stadig in wye bane en voltooi 'n enkele baanloop om die son in 'n tydsverloop wat in tientalle jare of selfs on eeue moet bereken word. Besonderhede aangaande die afmetings en bewegings van die planete volg hieronder.

Planeet Middellyn
in Myl
(gemiddeld)
Massa
(Aarde = 1)
Digtheid
in
C.G.S.
eenhede
Aantal
Mane of
Satelliete
Gemiddelde
afstand van
son in
miljoene myle
Spoed
in baan
(myl per sekonde)
Omlooptyd
(jare)
Mercurius 3,000 0.037 3.73 0 36 29.7 88 dae
= 0.24 jaar
Venus 7,600 0.826 5.21 0 67 21.7 225 dae
= 0.62 jaar
Die Aarde 7,910 1 5.52 1 93 18.5 1.00
Mars 4,200 0.108 3.94 2 141.5 15.0 687 dae
= 1.88 jaar
Asteroïede - - - - - - -
Jupiter 86,000 318 1.34 9 483 8.1 11.86
Saturnus 71,000 95 0.69 9 886 6 29.46
Uranus 31,000 15 1.36 4 1,800 4.2 84.01
Neptunus 33,000 17 1.32 1 2,800 3.4 164.78
Pluto - - - - 3,675 2.9 251

Daar is 'n mate van ooreenkoms in die bewegings van die planete om die son wat die aandag verdien.

  1. Die bane van die planete, met uitsondering van Mercurius, Pluto en party van die asteroïede, is betreklik sirkelvormig.
  2. Die planete dwaal nooit ver van die ekliptika (Sien bls. 391) nie, d.w.s. hul baanvlakke val feitlik saam met dié van die aarde.
  3. Die planete draai in dieselfde rigting om die son.
  4. Planete wentel om hul asse in dieselfde rigting waarin hulle om die son draai. (Op dié reë is Uranus, Neptunus, en moontlik Pluto, uitsonderings.)
  5. Die satelliete van die planete, met min uitsonderings, draai om hul asse in dieselfde rigting as wat die planete draai, en hul baanvlakke val naastenby saam met die vlak van die ekliptika.

DIE GROOTTE EN VORM VAN DIE AARDE.

Die grootte van die aarde word bepaal deur die gewone landmeetkuns. Trigonometriese berekenings by verskillende plekke op die oppervlak van die aarde toon dat dit nie 'n volmaakte sfeer is nie. Bepalings toon dat die middellyn van die aarde by die pole 7,900 myl is, en by die ewenaar 7,927 myl. Die aarde is dus by die pole afgeplat, sodat dit naastenby die vorm het van 'n lemoen.

BEWEGINGS

Terwyl die aarde omdraai, beweeg dit in dieselfde rigting teen 'n spoed van 18.5 myl per sekonde in 'n elliptiese baan, met die son in een brandpunt van die ellips. Daar die baan maar min van 'n sirkel afwyk, is die son baie na aan die middel. Die minimum- en maksimum-afstande is onderskeidelik 91½ en 94½ miljoen myl. Die aarde beweeg om die son in 365¼ dae. Die ekliptika of skynbare pad van die son gedurende die jaar moet in die vlak lê van die werklike pad van die aarde. Dit lê dus in die vlak van die aardbaan.

Begin | Vorige | Volgende