399. DIE PLEK VAN DIE AARDE IN DIE SONSTELSEL
Die as waarom die aarde draai, maak 'n hoek van 23° 27' met die loodlyn op die vlak van die aardbaan. Hieruit volg, wat reeds genoem is, dat die vlak van die ewenaar (of die vlak van die hemelewenaar by enige breedtegraad) 'n hoek van ongeveer 23½° maak met die vlak van die ekliptika.
| Uit | 1, die aswenteling van die aarde, |
| 2, sy omloop om die son, | |
|
3, die skuinste (helling) van sy as,
volg 'n aantal verskynsels ; die vernaamste daarvan is---
Terwyl die aarde om die son beweeg, gedra hy hom soos 'n groot giroskooptol met die as gedurig in die rigting van die noord- en suid-hemelpole. In Fig. 289 word die aarde voorgestel met sy baan in 'n horisontale vlak. |

| Stand A. | Middel van somer in die suidelike halfrond. | |
| Stand B. | Herfsnagewening in die suidelike halfrond. | |
| Stand C. | Middel van winter in die suidelike halfrond. | |
| Stand D. | Lentenagewening in die suidelike halfrond. |
DIE OORSAKE VAN DIE JAARGETYE.
| 1. Gedurende die somer laat die sonstrale hule verwarmende invloed geld vir die grootste gedeelte van die vier-en-twintig uur van elke volle dag ; in die winter geld die teenoorgestelde ; om dié rede sal, as daar geen ander faktore op die spel is nie, die gemiddelde temperatuur in die somer hoër wees as in die winter. |
![]() |
| 2. Die sonstrale by enige breedtegraad weg van die ewenaar val skuinser in die winter as in die somer. |
