Begin | Vorige | Volgende

403. DIE AARDE SE SATELLIET, DIE MAAN

Aan die oppervlak is die wateromhulsel of hdrosfeer, met 'n maximale diepte van vyf myl. En om alles strek die atmosfeer, tot 'n hoogte van sowat vyf-en-veertig myl.

As ons die aarde met 'n effens verkrimpte appel vergelyk, kom bergreekse en valleie ooreen met die rimpels op die buitekant.

DIE OUDERDOM VAN DIE AARDE

Van die bekende spoed waarteen die radio-aktiewe elemente uranium en thorium disintegreer, kan ons 'n idee kry van die ouderdom van die aarde. Hierdie elemente is aanwesig in glimmer en ander minerale.

Uit bostaande getuienis, en ook uit dié wat verskaf word deur die geologiese wetenskappe, word die ouderdom van die aarde beraam as tussen 1,500 en 3,400 miljoen jaar. Primitiewe seefossiele wat in die Bokveld-beddings naby Ceres voorkom, word beskou as omtrent 800 miljoen jaar oud.

HOOFSTUK XL.

DIE AARDE SE SATELLIET, DIE MAAN

AFSTAND EN GROOTTE.

Van die hemelliggame is die maan die naaste aan ons. Sy afstand kan op dieselfde manier bepaal word as die afstand na 'n bergtop op die aarde.

Die grondlyn en die hoeke A en B word gemeet. Deur 'n klein driehoekie volgens skaal te trek, kan die afstand na die piek bepaal word. Van dieselfde beginsel word gebruik gemaak om die afstand na die maan vas te stel. As grondlyn word byvoorbeeld, geneem die afstand van Greenwich na Kaapstad.

Begin | Vorige | Volgende