Begin | Vorige | Volgende

405. DIE AARDE SE SATELLIET, DIE MAAN

Dit is naastenby 29½ dae. Weens die voorwaartse beweging van die aarde in sy baan om die son, moet die maan nog 'n deel van 'n rewolusie om die aarde voltooi voordat dit weer in die posisie is waar dit as volmaan vertoon. Die baanvlak van die maan maak 'n hoek van iets meer as 5° met die vlak van die ekliptika.

DIE FASES OF SKYNGESTALTES VAN DIE MAAN.

Plaas 'n lamp op 'n tafel op dieselfde hoogte as die oog, en omtrent 'n armlengte verwyder, en hou 'n wit bal aan 'n lyn effens hoër. Die lamp stel die son voor, die waarnemer se kop die aarde, en die bal die maan. Staan met die kop tussen die lamp en die bal. Kyk reguit na laasgenoemde en beweeg die bal in 'n sirkel om die kop, van links na regs.

Bring die bal meer na die kant van die lamp toe, en hou dit in gesig deur self saam te draai. Beweeg die bal deur die orige 180°. Dit vertoon fases net soos die maan.

Die maan skyn slegs vanweë die sonlig wat dit terugkaats na die aarde. Die verligte deel van sy oppervlak is natuurlik altyd na die son gekeer. Met die draaiing van die maan om die aarde ondergaan die verligde deel, van af die aarde gesien, 'n voortdurende verandering in omvang en vorm. Hiervan word gepraat as die skyngestaltes of fases van die maan, (Sien Fig. 295).

Die maanmaand of sinodiese maand van 29½ dae, waarin die opvolgende veranderinge voorkom, word in vier kwartiere verdeel, wat elk ongeveer 'n week duur.

Met die ooswaartse beweging van die maan in sy baan vind die volgende veranderings plaas, (Sien Fig. 295):

Eerste Kwartier. Maan neem toe van Nuwe, deur Sekelvorm, na Half.
Tweede Kwartier. Maan neem toe van Half, deur Uitbultende vorm, na Vol.
Derde Kwartier. Maan neem af van Vol, deur Uitbultende vorm, na Half.
Laaste Kwartier. Maan neem af van Half, deur Sekelvorm, na Donker Maan.

Begin | Vorige | Volgende