412. MERCURIUS.
1. Wanneer die planeet in 'n lyn tussen die aarde en die son is, word gesê dat dit in benede-konjunksie is (A). Dit is dan op sy naaste aan die aarde, en sou op sy grootste vertoon as dit sigbaar was, maar sy donker kant is na ons gewend en, tensy dit werklik in beweging oor die sonskyf gesien word, bly dit onopgemerk.
2. By bowe-konjunksie (B) is die verligte kant van die planeet na die aarde gedraai, want dit is aan die teenoorgestelde kant van die son. Daar dit ook in die verste deel van sy baan is, vertoon dit op sy kleinste, en word deur die helder daglig oorskyn. Wanneer dit na aan bowe-konjunksie is, kan die planeet, net soos die sterre, met 'n algehele sonsverduistering sigbaar word.

3. Met sy grootste uitwyking (elongasie) na die weste (C) lyk die planeet op sy verste van die son, en gaan laasgenoemde in die lugruim voor, sodat dit as 'n oggendster lank voor sonop sigbaar sal wees ; hoe lank sal natuurlik afhang van sy werklike afstand van die son.
4. Met sy grootste uitwyking na die ooste (D) volg die planeet die son deur die lugruim, en is na sononder sigbaar as 'n aandster.
5. Die planeet kan nooit aan die anderkant van die aarde wees as die son nie, d.w.s. in opposisie ; derhalwe is dit nooit in die middernagtelike lug sigbaar nie.
MERCURIUS.
Hierdie planeet was aan die volke van die Oudheid bekend en het die naam Mercurius gekry, wat beteken boodskapper van die gode, daar dit in die ooste as môester die koms van die son aankondig. Die Grieke, wat dit teen die aand in die westelike lug opgemerk het, het dit Hermes op Apollo genoem. Daar dit so na aan die son is, is die planeet nie op ander tye vir die blote oog sigbaar nie. Wanneer dit skynbaar op sy meeste uitwyk na die ooste of na die weste, kom Mercurius sowat twee uur na of voor die son op.
Bewegings
Soos dit hom betaam, is Mercurius die vinnigste van die planete, en jaag deur die ruimte teen 29.7 myl per sekonde. Dit draai een keer om sy as onderwyl dit sy loop om die son in effens minder as 88 dae voltooi.