Begin | Vorige | Volgende

411. MERCURIUS.

Van sy duidelik omlynde landmassas en oseane kan die aswenteling van die aarde waargeneem word. Die groot bol hang beweegloos in die lug en vertoon fases in teenoorgestelde orde van dié van die maan ; want wanneer dit donkermaan op die aarde is, is dit volle-aarde op die maan. Die son is 'n majestueuse voorwerp ; die ligkroon en groot uitstekende dele (Sien bls. 000) is altyd sigbaar.

INVLOED VAN DIE MAAN OP DIE AARDE.

Getye. Wanneer die maan oor die waters van die aarde gaan, is sy aantrekkende krag natuurlik grootste op die water onmiddellik daaronder. Die oseaan, wat nie die stewigheid van die aarde het nie, hoop op onder die maan. Aan die teenoorgestelde kant van die aarde is die aantrekkingskrag op die water minder as enige plek op die aarde, die aarde self word ook na die maan aangetrek, en die oseaan word dus gelyktydig aan daardie kant ook opgehoop. Dit is dus tweemaal per dag hoog- en laag-water. Die son, weens sy betreklike groot afstand, het nie so 'n groot plaaslike uitwerking nie. Met vol- en nuwemaan trek die son en maan tesame, en veroorsaak die springvloed. Wanneer die maan ses uur agter of voor die son is, lei dit tot 'n dooie gety. Die getye volg die maan om die aarde en is gemiddeld vyftig minute later elke dag.

DIE BINNEPLANETE, MERCURIUS EN VENUS.

Die binneplanete, Mercurius en Venus, loop om die son in bane wat binnekant dié van die aarde lê (Sien Fig. 287 bls. 397).

Fig. 298 toon die baan van 'n binneplaneet in verhouding tot dié van die aarde.

Begin | Vorige | Volgende