Begin | Vorige | Volgende

413. VENUS

Sy gemiddelde afstand van die son is 36,000,000 myl. Van Mercurius lyk die son meer as drie maal so groot as van die aarde af. Daar die baan van Mercurius skuins op die ekliptika staan, gaan die planeet met benede-konjunksie gewoonlik bokant of onderkant die son verby, maar met tussenpose van jare vind daar oorgange plaas, wanneer Mercurius as 'n klein swart kolletjie in beweging oor die skyf van die son gesien word.

Voorkome en fases

Selfs deur 'n verkyker is dit nie maklik om die skyf skerp omlyn te sien nie, weens die oorweldigende lig van die sonstrale en die dik laag van die aarde se dampkring wanneer die planeet laag in die lug is en deels versteek is deur die dynserigheid aan die horison. Weens die smalheid van sy baan is Mercurius nooit ver van die son af nie. Gedurende westelike elongasie is Mercurius 'n môester, en met oostelike elongasie 'n aandster (Sien Figg. 298). Wanneer dit gunstig geplaas is, vertoon dit helderder as 'n ster van die eerste orde van helderheid ; en daar dit laag op die horison is, skyn dit met 'n stralende, flikkerende lig. Die planeet vertoon fases in 'n teleskoop. Geen besonderhede kan op die oppervlak herken word nie, hoewel dowwe merktekens waargeneem is, skaars genoeg om aan te dui dat die planeet altyd met dieselfde kant na die son gekeer is. Die verligte deel kan sirkelvormig, soos 'n halfmaan, uitbultend, of 'n vollemaan voorkom.

Afmetings

Die middellyn van Mercurius is slegs 3,030 myl, byna anderhalfmaal dié van die maan, en met die uitsondering van Pluto is dit die kleinste van die planete. Die grootste van die satelliete van Jupiter en Saturnus oortref dit in grootte. Die massa van Mercurius is ongeveer een vier-en-twintigste van di&eactute; van die aarde. 'n Man van twee honderd pond sou maar net vyftig op Mercurius weeg.

Toestande op die Planeet.

Weens sy nabyheid aan die son is die temperatuur van die verligte kant van Mercurius baie hoog. Daar is geen atmosfeer en geen water nie, en te oordeel na die manier waarop dit lig terugkaats, is die oppervlak waarskynlik soortegelyk aan dié van die maan. Lewe soos ons dit ken, kan nie op Mercurius bestaan nie.

VENUS.

Na Mercurius in volgorde van afstand van die son kom Venus, tweeling-suster van die aarde, wat baie met ons planeet ooreenkom in gewig, grootte en digtheid. As die aandster, Hesperus, in die weste na sononder, of as die môrester, Phosphorus of Lucifer in die ooste voor sonop, oorskyn hierdie pragtige planeet die ander planete en al die sterre, en verdien bepaald die naam van Godin van Skoonheid.

Begin | Vorige | Volgende