415. VENUS
Gaan die tekening in Fig. 299 noukeurig na, wat wys hoe met betrekking tot die aarde die skyngestaltes van Venus verander as die planeet verskillende posisies op sy baan inneem.
- Met bowe-konjunksie is Venus (93 + 67) miljoen myl verwyder, onsigbaar in die felle lig van die son.
- Van stand A kom die planeet nader aan die aarde ; dit beweeg weg van die son, waardeur dit in die lug voorgegaan word. Dit is 'n aandster en, met grootste oostelike elongasie vertoon Venus op sy helderste hoog in die westelike aandhemel.
- Na 'n paar weke in hierdie posisie kom Venus van B af nader aan die son. Die verligte deel word smaller, dit neem af in helderheid en gaan elke aand vroeër onder totdat dit nie meer die aandlug versier nie. In 'n teleskoop lyk dit soos 'n groot silwerboog.
- Die planeet bereik benede-konjunksie en is slegs (93 - 67) miljoen myl verwyder, maar die onverligte skyf is onsigbaar. (Vergelyk die maan.) Dit gaan nou van die ooste- na die westekant van die son.
- Venus trek weg in die rigting van D, maar die verligte deel groei en dit vertoon helderder. Dit gaan die son voor en verskyn as môrester. Dit kom omtrent 4 uur voor die son op met grootste westelike elongasie.
- Van C beweeg Venus na bowe-konjunksie en kom elke dag later op totdat dit in die oggendskemering onsigbaar word.
Elke neëntien maande haal Venus die aarde in en verskyn gedurende hierdie tyd 'n aantal kere as aandster, om elke keer nadat dit 'n tydjie gebly het, as môrester te voorskyn te kom. Dit word nooit in die middernagtelike lug gesien nie.
Afmetings van die Planeet
Dié kan as volg opgesom word:
| Venus | Aarde | |
|---|---|---|
| Middellyn | 7,600 myl | 7,900 myl |
| 0.96 | 1 | |
| Verhouding van Massas | 0.83 | 1 |
| Digtheid | 5.21 | 5.52 |
Toestande op die Planeet.
Aanwesigheid van 'n dampkring.
- Daar is geen wesensverskil tussen portrette van Venus geneem met ultra-voilet en met infra-rooi lig nie (Fig. 300). Laasgenoemde, wat op die aarde besonderhede opwys deur die afgeleë dynserigheid (Sien Fig. 304), slaag nie daarin om enige onderskeibare merktekens te openbaar nie. Venus moet dus in 'n digte wolkelaag gehul wees, waardeur die teleskope nie kan dring nie.
- Op die oppervlak is net vaag-omlynde skaduwees sigbaar en geen merke van blywende aarde nie. Dit wys op die aanwesigheid van 'n laag wolke wat die lig terugkaats.
- Venus kaarts die sonstrale besonder goed terug en kan beste met 'n teleskoop gedurende die dag waargeneem word.
- Met die seldsame oorgange van Venus verby die son is 'n liggewende ring, wat 'n aanduiding is van die breking van ligstrale deur 'n dampkring, waargeneem as 'n sirkelvormige omraming van die planeet teen die skyf van die son.