Begin | Vorige | Volgende

416. VENUS

Venus as tuiste van lewe

Die spektraal-analise openbaar 'n skynbare gebrek aan suurstof en waterdamp, en 'n oorvloed van kooldioksied in die boonste wolkelaag. Die boonste wolkelae van Venus bestaan vermoedelik hoofsaaklik uit klein swewende ysdeeltjies. Weens die nabyheid van die planeet aan die son is die klimaat warm en wasemend. Daar is waarskynlik groot hoeveelhede water op die oppervlak en dikwels tropiese reënbuie. Die oorvloed van kooldioksied en gebrek aan suurstof wys op 'n gemis aan plantegroei. Dit skyn of Venus by 'n stadium van ontwikkeling is wat die aarde moontlik miljoene jaar gelede al bereik het. Dit kan wees dat daar primitiewe organismes in die waters rond krioel.

Begin | Vorige | Volgende