420. MARS

Mars en San José gefotografeer met violet lig van Mt. Hamilton (13½ myl van laasgenoemde). Let op hoe min sigbaar is in (c) weens die atmosfeer van die aarde. (Verlof Lick-Sterrewag.)
Mars as 'n tuiste van lewe.
Die hoogste temperatuur op Mars is teen die middag omtrent 60°F. Waterdamp, wat straling van lang golflengte - warmtestraling - absorbeer, is nie volop nie, sodat die planeet gou warm word en gou afkoel. Teen sononder is dit waarskynlik benede vriespunt. Die jaargetye is skerper afgebaken, en is tweemaal so lank as ons s'n. Maris is nouliks geskik vir bewoning deur wesens wat net soos ons saamgestel is, hoewel dit nie moet vergeet word dat ons by toestande op hierdie planeet aangepas is. Ongunstige faktore is die groot woestynstreke, die groot daaglikse temperatuurspeling van matig tot moontlik 50°F. onderkant vriespunt, die ylheid van die atmosfeer, en die algemene dorheid.