421. MARS
Satelliete
Mars het twee meegaande satelliete of mane. Hulle is in 1877 ontdek deur Asaph Hall (Amerika).

Mars en San José gefotografeer met infra-rooi lig van Mt. Hamilton. Let op na die detail op die oppervlak sigbaar. (Verlof Lick-Sterrewag.)

Dit is passend dat hulle vernoem is na Deimos en Phobos, die perde wat die strydwa van Mars, die god van oorlog, getrek het.