Begin | Vorige | Volgende

423. DIE ASTEROÏEDE

Tot naby die einde van die neëntiende eeu was die manier van soek 'n tydrowende, deur versigtige waarneming van die lugruim, met verwysing na sterrekaarte om die posisies van dowwe sterre te kontroleer.

Die huidige prosedure is om 'n fotografiese plaat vir 'n paar uur te eksponeer in 'n teleskoop, wat, deur ratwerk gedraai om die aswenteling van die aarde op te hef, op 'n groep dowwe sterre naby die ekliptika ingestel word. Terwyl die beelde van die sterre as skerp ligpunte verskyn, is dié van die asteroïede kort strepe. Fig. 306 is 'n foto van drie asteroïede deur die Heidelbergse Sterrewag, met 'n tydopname van 3 uur 25 minute.

AFMETINGS VAN DIE ASTEROÏEDE

Die asteroïede is klein liggaampies. Ceres, die grootste, het 'n middellyn minder as een kwart van dié van die maan. Daarna kom in volgorde van grootte: Pallas, Vesta, en Juno (Sien Fig. 307).

Vesta is die helderste, en die enigste soms met die blote oog sigbaar. Baie asteroïede verskil in helderheid gedurende hul omloop, wat tot die gevolgtrekking gelei het dat die oppervlak na ons toe gekeer nie dieselfde bly nie, en dat hierdie klein liggame van onreëlmatige vorm is.

Begin | Vorige | Volgende