426. JUPITER
Bestaan van 'n Dampkring.
1. Die rooi vlek en ander sigbare merke vertoon duideliker in foto's met ultra-violet en violet lig geneem (Fig. 308). Die merktekens behoort dus in die boonste lae van Jupiter se dampkring.

2. Die tye waarin die verskillende gordels en streke omdraai, verskil. Die oppervlak wat ons sien, kan dus nie solied wees nie.
3. 'n Foto by ultra-violet lig vertoon groter. (Vergelyk Mars.) Die liggewendheid van die planeet kom deur sy uitgestrekte oppervlak en die groot terugkaatsingsvermoë van sy wolkbelaaide atmosfeer. Die hoeveelheid uitstraling wat Jupiter van die son ontvang, is maar een sewen-en-twintigste van wat dit sou ontvang het as dit net so ver as die aarde van die son geplaas was.
JUPITER AS TUISTE VAN LEWE.
Op Jupiter is dit verskriklik koud. Deur spektraal-analise is die aanwesigheid van moerasgas en ammoniak in die atmosfeer aangetoon, en moontlik bestaan die wolkoppervlak uit gevrore deeltjies van laasgenoemde. Die dampkring is duisende myle hoog. Geen mens kan onder hierdie dik giftige laag, wat alle sonlig afsny, bestaan nie. Op Jupiter sou 'n man twee en 'n half maal so swaar weeg, en sou allen met moeite kon beweeg. Die toestande wat op Jupiter heers, sluit alle moontlikheid uit dat dit die woning van lewende organismes kan wees, verwant selfs aan die laagste en gehardste vorms wat op die aarde bestaan.